Akkusatief

naamval
nominatief vokatief
genitief ablatief
datief instrumentaal
akkusatief lokatief

Die akkusatief is een van die oorspronklik agt naamvalle van die Indo-Europese taal.

Die hoof-funksie van díe naamval is om die lydende voorwerp in die sin aan te dui. In Afrikaans is dit net nog sigbaar vir die persoonlik voornaamwoord van die enkelvoud: ek – my, jy – jou, hy – hom, sy – haar.

Ek sien die man.
Die man sien my.

In ander gevalle word die verskil in Afrikaans deur die woordvolgorde aangedui: Die vrou sien die man.Die man sien die vrou. Tale wat die akkusatief formeel onderskei, soos Duits, kan die woordvolgorde omdraai: Die Frau sieht den Mann. = Den Mann sieht die Frau. Omdat "den Mann" akkusatief is en nie nominatief kan wees nie, sal dit altyd die lydende voorwerp bly, self as die woordvolgorde omgedraai is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search